Klasse

Kleinklas-onderrig, 8 - 10 leerders per klas met KABV (CAPS) leerplan, soos onderskryf deur Impaq met onderrig in Afrikaans.

Vir meer inligting oor ons klasse,  kontak ons gerus. Ons sal graag van u wil hoor.

Vakansies

06:30 - 18:00 ‘n Lekker vakansieprogram sal gevolg word.
Etes sal ook voorsien word (Middagete, iets lig om te hap, vrug en koeldrank/water). 
Die skool sal gesluit wees op publieke vakansiedae en departementele skool vakansiedae.

Vir meer inligting oor ons vakansieprogram, kontak ons gerus. Ons sal graag van u wil hoor.

Inligting vir leerders

Jy het seker heelwat vrae waaroor jy wonder?   Wel, kom ons kyk na ‘n paar van hulle en dan lees jy ons antwoorde:

  • Afrikaans HT (Huistaal)
  • English FAL (First Additional Language)
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe en Tegnologie
  • Sosiale Wetenskappe
  • Lewensvaardigheid

Watter vakke gaan ek he?

Ons skryf in Maart en September kwartaaltoetse en in Junie en November eksamen. Al die take en opdragte wat deur die kwartaal aangedui word as formele assessering, tel saam met hierdie toets- en eksamenpunte vir jou rapportpunt.

 

Hierdie assesseringstake se datums word aan die begin van die kwartaal vir jou gegee en mamma weet voor die tyd wat om te verwag.   Jy moet  baie deeglik voorberei as die opdrag byvoorbeeld iets is soos voorbereide lees of toespraak – moenie wag tot die dag voor die tyd nie – dan is dit te laat!


 

Dit lyk of julle baie toetse en eksamens skryf, hoe werk dit?

In graad 4 - 6 tel die jaar se werk (die hele jaar se assessering en Maart en Junie-eksamen en September toetse) 75% van die finale rapport en die November-eksamen tel 25%.

 

Weeklikse speltoetse en Wiskunde hersieningstoetse maak deel uit van informele assessering.